Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Gevandaliseerde grafte in Bezuidenhout-park" deur FERDI GREYLING
" Gevandaliseerde grafte in Bezuidenhout-park" deur FERDI GREYLING [boodskap #65713] Wo, 28 Augustus 2002 16:53 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Gevandaliseerde grafte in Bezuidenhout-park
Vir Susan

Winter het die gras geel gebrand
waar die park lê om ou grafte.
Die aand kom lê koud op die land.

Vergete op die park se kant
lê geslagte in dié grafte.
Winter het die gras geel gebrand.

Jy sê lewe het min sin, want
nie eens name bly op grafte
en aand kom lê koud op die land.

Wel, die verlede moet eers brand
voor daad kan vloei uit gedagte.
Winter het die gras geel gebrand.

En tyd móét alle lewe brand
en verdroog tot klip op grafte.
Die aand kom lê koud op die land.

So, sin lê daarin dat jóú hand
Móét krap en breek aan ou grafte.
Winter het die gras geel gebrand
en aand kom lê koud op die land.
Re: " Gevandaliseerde grafte in Bezuidenhout-park" deur FERDI GREYLING [boodskap #65744 is 'n antwoord op boodskap #65713] Do, 29 Augustus 2002 09:09 Na vorige boodskap
pwbotha[2]  is tans af-lyn  pwbotha[2]
Boodskappe: 18
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Junior Lid
kak gedig

skryf in boodskap news:3D6D00DA.7070802@rogers.com...
> Gevandaliseerde grafte in Bezuidenhout-park
> Vir Susan
>
> Winter het die gras geel gebrand
> waar die park lê om ou grafte.
> Die aand kom lê koud op die land.
>
> Vergete op die park se kant
> lê geslagte in dié grafte.
> Winter het die gras geel gebrand.
>
> Jy sê lewe het min sin, want
> nie eens name bly op grafte
> en aand kom lê koud op die land.
>
> Wel, die verlede moet eers brand
> voor daad kan vloei uit gedagte.
> Winter het die gras geel gebrand.
>
> En tyd móét alle lewe brand
> en verdroog tot klip op grafte.
> Die aand kom lê koud op die land.
>
> So, sin lê daarin dat jóú hand
> M��t krap en breek aan ou grafte.
> Winter het die gras geel gebrand
> en aand kom lê koud op die land.
>
Vorige onderwerp: " Villanelle " deur BREYTEN BREYTENBACH
Volgende onderwerp: " Pa-Wees " deur KOOT PIETERSE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 21:23:05 MGT 2024